Gewapende rooftog vind voor skool plaas
2012-02-01 18:56
Johannesburg – Die bestuurder van ‘n minibus wat skoolkinders vervoer het, is Woensdag in Johannesburg voor die leerlinge met ‘n vuurwapen gedreig en beroof, het die polisie gesê.
Twee mans met vuurwapens het die bestuurder omstreeks 07:00 buite die Diversity Hoërskool in Booyens genader, het ao. Lorraine van Emmerik gesê.
Hulle het die bestuurder van sy selfoon, motorradio en motorsleutels beroof voordat hulle in ‘n bakkie van die toneel gevlug het.
“Ons is op soek na drie verdagtes in ‘n wit dubbelkajuit Toyota-bakke.”
Die kinders wat die rooftog gesien het, ontvang berading.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA