Gewapende rooftog ruk Kovsies

2011-08-08 07:04
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - ’n Gewapende rooftog op ’n vroue-student en haar vriend op die Bloemfonteinse kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het die universiteitsgemeenskap geruk.

Jana Marx (21), ’n teologiestudent in haar derde jaar, en haar vriend, Charl van Niekerk (25), het voor haar koshuis, Roosmaryn, in Van Niekerk se motor gesit en koffie drink toe twee mans aan die motor se venster klop.

“Ons het gedink dit is die sekuriteitswag wat aan diens is, en het die deur oopgesluit,” het Marx Sondag aan Volksblad gesê.

Volgens Marx het die tweede man na die ander kant van die motor gegaan en albei het aangedring op geld en selfone.

“Albei was jonk en netjies geklee. Hulle was baie op hul senuwees en het gelyk of hulle nie gesout is in wat hulle besig was om te doen nie.”

Marx sê daar het ’n motor van voor af gekom en die twee mans het bo-oor haar en Van Niekerk gelê.

“Hulle het gedreig om ons te skiet as ons lawaai en probeer aandag trek. Hulle het Charl se selfoon, beursie en motorsleutels gevat.”

Die twee mans is toe, na verneem word, na die ander motor en wou dit glo kaap.

Nóg ’n inwoner van Roosmaryn, Carine de Villiers (21), was in dié motor. Die rowers is sonder sukses vort.

Lacea Loader, UV-woordvoerder, het by navraag gesê die UV is “geskok” oor die voorval omdat daar lanklaas ’n geval van geweldsmisdaad op die kampus was.

“Daar was 37 sekuriteitswagte aan diens. Soos normaalweg was daar een wag by Roosmaryn.”

Die voorval het Woensdag omstreeks 22:30 plaasgevind.

Loader sê die getal wagte by die koshuis is kort ná die voorval tot vier verhoog.

Sy sê die waghuis by die Roosmaryn-hek sal nader aan die hek geskuif word en niemand sal na-ure sonder ’n studente- of personeelkaart die voetgangerhek mag gebruik nie.

Volgens Loader het die slagoffers trauma-berading gekry en het die rektor, prof. Jonathan Jansen, briewe aan die ouers gestuur waarin hy die voorvalle betreur en verskerpte sekuriteitsmaatreëls aankondig.

Marx sê nie sy of haar ouers het só ’n brief ontvang nie.

Hulle het wel berading ontvang.

Loader sê ligte is aangebring op plekke wat nie goed verlig is nie.

“Daar is ook rooi pale met sekuriteitskameras en ’n paniekknoppie op strategiese plekke regoor die kampus aangebring. Die koshuise op die Bloemfontein-kampus word as van die veiligste in die land beskou,” het Loader gesê.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.