Gewapende roof eindig in bloedbad
2010-04-17 12:21
Pretoria – ‘n Vrou van Pretoria veg vir haar lewe in die hospitaal nadat sy twee keer in die kop geskiet is terwyl sy probeer het om haar skoonma te red van ‘n groep gewande mans wat gemaak het of hulle polisiemanne was, berig iol.
Twee mans in polisie-uniforms, het by die Steenbergs se kleinhoewe ingestap en voorgegee asof hulle pale kom aflewer het.
Die mans het by die huis ingekom en Steenberg se skoonma in haar kamer aangeval. Steenberg het haar gille gehoor en haar man se rewolwer gegryp.
Steenberg het na die onderste verdieping gehardloop en op die rowers begin skiet. Een het die rewolwer gegryp, haar aan die nek vasgehou en deur die slaap en agterkant van haar kop geskiet.
Volgens ‘n polisieman wat op die toneel was, was die hele vertrek vol koeëldoppies en bloed.
“Dit lyk soos ‘n slaghuis,” het hy gesê.
Lees meer hieroor by iol