Gewapende roof by Sandton-sentrum
2011-06-01 18:58
Johannesburg - ‘n Veiligheidswag wat geld by ‘n winkelsentrum in Hyde Park afgehaal het, is Woensdag deur ‘n groep mans beroof, het die polisie in Gauteng gesê.
“Die veiligheidswag het die Hyde Park-winkelsentrum omstreeks 12:00 verlaat nadat hy geld by ‘n winkel afgehaal het. Hy is toe deur ‘n groep mans in die parkeergebied voorgekeer,” het kapt. Kym Cloete gesê.
“Sowat drie mans het ‘n onbekende hoeveelheid geld uit die boks wat hy gedra het, gesteel en gevlug,” het sy gesê.
Geen skote is afgevuur nie en niemand is in die rooftog beseer nie.
“Ons is steeds op die toneel en besig met ‘n ondersoek,” het Cloete gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA