Gevreesde siekte deur muskiete oorgedra

2010-04-06 06:25
Tweets Share Share line Print

Vicus Bürger, Die Burger

Kimberley - Kommer bestaan oor die verspreiding van slenkdalkoors deur muskiete nadat minstens drie mense die afgelope tyd aan dié siekte gesterf het sonder dat hulle met vee in aanraking was.

’n Vyftienjarige skoolseun van Kimberley is die nuutste slagoffer van slenkdalkoors in die Noord-Kaap. Hy het Sondag gesterf nadat hy baie vinnig siek geword en daarna in ’n kritieke toestand in die waaksaal van die Kimberley-hospitaal was.

Boonop is Jimmy Müller, ’n geliefde inwoner van Boshof, skielik aan slenkdalkoors dood.

Sy vrou, Anita, vermoed die siekte is deur ’n muskiet aan hom oorgedra, want hulle woon op die dorp en haar man het nie kontak met vee gehad nie.

Dr. Cloete van Vuuren van die departement interne geneeskunde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) en hoof van interne geneeskunde van 3 Militêre Hospitaal by Tempe in Bloemfontein, sê muskiete speel ’n rol in die verspreiding van die gevreesde slenkdalkoors waaraan reeds verskeie mense gesterf het.

Hy verduidelik dat daar tussen 1974 en 1976 ’n groot uitbraak van slenkdalkoors in Suid-Afrika was.

Sogenaamde vloedwaterbroeiende muskiete het toe eiers op die vloedwaterlyn gelê.

Serdertdien het die water egter nie genoeg gestyg vir die eiers om uit te broei nie.

Die onlangse baie reën het die watervlakke genoeg laat styg vir die eiers om nou uit te broei.

Van Vuuren sê wanneer die muskiete ’n dier besmet, kan enige ander muskiet wat dan aan die betrokke dier teer, ook met slenkdalkoors besmet word en dit aan ander diere en selfs mense oordra.

Volgens hom speel ander faktore ook ’n rol. “Mense het ’n droë seisoen verwag. Gevolglik is diere nie teen slenkdalkoors ingeënt nie.”

Van Vuuren sê as ’n voorsorgmaatreel kan mense middels soos Tabard en Peacefull Sleep aan hul lywe smeer.

Mense kan slenkdalkoors ook opdoen deur kontak met bloed en ander liggaamsvloeistowwe wanneer siek diere geslag of hul rou melk gedrink word.

Dr. Louis van Rooyen, adjunk-direkteur van veeartsenydienste in die Vrystaat, het vroeër aan Die Burger gesê met kouer weerstoestande sal die muskietlading daal en die gevalle van slenkdalkoors verminder.

Müller is op Maandag 29 Maart oorlede. “Die vorige aand het hy gesukkel om asem te haal, van gewrigspyne gekla en blou om sy mond geword,” het sy vrou gesê. Hy het later inwendig gebloei en “met ’n spoed” verswak en sy hart het drie keer gaan staan.

    * Die Springbok-flank Juan Smith het bevestig dat sy pa aan slenkdalkoors ly.

- Die Burger

 

Lees meer oor: siektes  |  slenkdalkoors

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.