Gevangenes se woede kook oor in tronk

2011-11-08 08:07
Tweets Share Share line Print

Oproerige gevangenes het gisteroggend ’n brand in die Grootvlei-tronk by Bloemfontein begin.

Verhoorafwagtende aangehoudenes is glo ontevrede oor dié oorvol tronk en omdat hulle glo nie regsverteenwoordiging het nie. Die gevangenes kla ook hulle is deur polisielede aangerand toe hulle in hegtenis geneem is, sê Mamosa Kgaile, waarnemende areakommissaris van Grootvlei.

Volksblad het vertroulik verneem die gevangenes weier ook om hof toe te gaan.

Kgaile sê tussen 08:30 en 09:30 het ’n brand in ’n sel met sowat 80 aangehoudenes ontstaan nadat van hulle glo gordyne aan die brand gesteek het.

’n Ingeligte, wat verkies om anoniem te bly, sê ’n kantoor in die tronk het ook erg gebrand. Van die gevangenes het na bewering sleutels by lede van korrektiewe dienste afgevat, maar die ingeligte is nie seker of dit die kantoor se sleutels was nie.

Die polisie is na Grootvlei ontbied en ’n omstander op Grootvlei se terrein kon skote binne die tronk hoor klap toe traangas geskiet is. Ambulanse en reaksievoertuie het ook opgedaag.

Kgaile het gesê gisteroggend se gebeure was niks ernstigs nie en niemand is beseer nie.

Weens die oproerigheid kon sewe aangehoudenes egter nie na die hof gebring word nie.

Kgaile het erken die tronk is oorvol.

Volgens haar het hulle griefskrifte van die gevangenes ontvang, maar die klagtes is nou net beweringe. Dit word ondersoek en volgens haar werk korrektiewe dienste, die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), die departement van justisie en die polisie saam om probleme op te los.

Volgens die ingeligte is van die aangehoudenes oproerig, want hulle wil nie hof toe gaan nie. Hulle is glo ook ontevrede oor verhore wat tot volgende jaar uitgestel is.

Hy sê die gevangenes is al geruime tyd ontstoke. Volgens hom was die polisie Vrydag ook by die tronk toe van die aangehoudenes oproerig geraak het.

Teen gistermiddag laat was die polisie nog by die tronk, maar volgens alle aanduidings was die gevangenes rustig.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: geweld  |  tronke  |  opstande  |  gevangenes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.