Getuies vertel van intimidasie by hospitale

2010-08-19 12:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Gerugte van intimidasie en stakende gesondheidswerkers wat probeer het om ‘n ambulans te verhoed om die Charlotte Maxeke Hospitaal in Johannesburg te verlaat het Donderdag deel uitgemaak van ‘n landswye staking wat nou sy tweede dag bereik het.

Volgens ‘n Sapa-verslaggewer op die toneel het betogers in rooi t-hemde die hoof-ingang na die hospitaal afgesper en verhoed dat motors binnekom deur op die bestuurders te skree.

Slegs ‘n handjievol polisiebeamptes was op die toneel om ‘n oog op die situasie te hou.

Petrus Pienaar, 53, wat na die kardiologie-kliniek gegaan het, het gesê dat hy bewus was van intimidasie binne-in die gebou.

“Die betogers het die gebou binnegegaan en het die mense wat binne gewerk het gedreig. Die betogers was baie aggressief,” het Pienaar aan Sapa gesê.

Barry Botha, 69, wat weggewys is deur hospitaalpersoneel, het vertel hoe hy gesien het hoe stakende werkers vroeër die oggend die uitgang geblok het toe ‘n ambulans probeer het om die gronde te verlaat.

Die ambulans het dit uiteindelik uitgemaak.

Verder was daar onbevestigde berigte op Twitter, deur 'n persoon wat homself Jonathan_Witt noem, dat die polisie met rubberkoeëls by die Chris Hani Baragwanath Hospitaal op betogers geskiet het.

‘n Polisiehelikopter het die area dopgehou volgens Witt.

‘n Werker van ‘n ander hospitaal in Johannesburg, met die Twitter naam AndyWandy, het uit die hospitaal boodskappe op Twitter geplaas.

Sy vertel hoe hulle gedreig is en dat daar aan hulle gesê is dat dit nie meer veilig in die hospitaal is nie.

Diegene wat binne was sou probeer om veilig uit die hospitaal te kom.

Volgens verdere berigte is ‘n sekurieteitshuisie by ‘n hospitaal ook afgebrand.

– Is jy op een of ander manier geraak deur stakings? Stuur jou foto's of storie aan ons.

Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: stakings  |  hospitale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.