Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Getuies in duister oor wapenkommissie

2013-01-19 09:40
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Getuies wat oor minder as twee maande voor die Seriti-kommissie moet verskyn, weet steeds nie wat tydens hul verskyning van hulle verwag gaan word nie, het Beeld Saterdag berig.

Getuies het volgens die koerant gesê hulle is verlede jaar per brief in kennis gestel dat hulle sal moet getuig, maar nie een van hulle het intussen weer van die kommissie gehoor nie.

Die Seriti-kommissie is aangestel om die omstrede wapenskandaal te ondersoek.

“Die kommissie het gesê ek sal later in kennis gestel word van die aspekte waaroor ek moet getuig,” het dr. Richard Young, een van die onsuksesvolle tenderaars in die wapentransaksie, volgens die publikasie gesê.

“Ek het gesê ek het minstens vier maande nodig om voor te berei. Hulle het gesê ek sal in die eerste week van Januarie ingelig word. Die verhore begin op 16 Maart en ek het nog niks gehoor nie.”

Terry Crawford-Browne, wapentransaksie-aktivis, het gesê ook hy is in die duister oor die besonderhede van die verhore.

Hy het gesê hy is nie seker waarom dit lyk of die kommissie nie vordering maak nie.

Die DA-LP David Maynier, nog ’n getuie, het op sy beurt gesê hy is ook nog nie gekontak sedert hy gehoor het hy moet verskyn nie.

Die integriteit van die kommissie was vroeër die week onder ernstige verdenking nadat ‘n bedankingsbrief van een van sy ondersoekers uitgelek het.

Norman Moabi, ‘n prokureur en voormalige waarnemende regter van Pretoria, het in sy brief beweer dat die kommissie nie deursigtig is nie, en ‘n alternatief of “tweede agenda” verskuil.

Moabi het in die brief, wat aan regter Willie Seriti geadresseer was, gesê dat hy uittree as gevolg van inmenging en omdat hy vertroue in die kommissie se werk verloor het.

“Ek het na die kommissie gekom om met integriteit, waardigheid en waarheidliewendheid te dien. Ek kan nie met ’n skoon gewete voorgee dat ek blind is vir wat by die kommissie aan die gang is nie.”

– Lees hier meer.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: wapentransaksie
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Danie sê... Daar is wonderlike goeie SA bruin mense wat in baie opsigte beter is as baie , of die grootste gros blankes. Hoekom stem bruin mense vir skelms, en statutere verkragters, ex onderwysers , wat 'n kind maak by 'n meisie onder 16? Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
R380000 - R400000

Direcctor of Finance

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
R1200000 - R1700000

Financial Manager

Centurion
Communicate Cape Town Finance
R600000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.