Getuies in Lotz-saak 'hoor niks van polisie'

2011-04-21 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Sleutelgetuies in die opspraakwekkende moord van die skrander Matie Inge Lotz is jare laas deur die polisie gekontak, al sê die polisie die saak word nog steeds ondersoek.

Lotz is in Maart 2005 wreed in haar woonstel in Stellenbosch vermoor. Die polisie verdedig tans ’n siviele eis van R46 miljoen weens kwaadwillige vervolging in die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat haar kêrel, Fred van der Vyver, ingestel het nadat hy in November 2007 onskuldig bevind is aan haar moord.

Die huidige ondersoekbeampte, lt.kol. Mike Barkhuizen, het aan Die Burger gesê die ondersoek “is nog oop en aktief”. Hy het by navraag gesê getuies word wel genader, maar wou hom nie uitlaat oor of die polisie bestaande getuienis heroorweeg of nuwe moontlikhede ondersoek nie.

“As ons ’n verdagte gehad het, sou ons hom al in die hof gehad het,” het hy gesê.

Die polisie het verlede jaar in ’n antwoord op ’n brief van Lotz se pa aangedui dat die aangeleentheid na die hoof van die Valke (die polisie se direktoraat vir prioriteitsmisdaad) verwys is.

Inge se pa, prof. Jan Lotz, het gesê hy het van tyd tot tyd kontak met die ondersoekbeampte, maar hy het nog nie van enige nuwe verwikkelinge gehoor nie.

Die Burger het hierdie week met agt getuies in die strafsaak gepraat wat nooit weer van die polisie gehoor het nadat die strafregtelike verhoor in 2007 ten einde gekom het nie.

“Nee, ek is nooit weer gekontak nie,” het die Amerikaanse forensiese deskundige William Bodziak per e-pos gesê.

Bruce Bartholomew, een van die ondersoekbeamptes, het in 2006 spesiaal na Bodziak se kantoor in Florida, Amerika, gereis vir ’n mening oor ’n skoensoolafdruk wat in Lotz se badkamer gekry is. Bodziak het later vir Van der Vyver getuig.

Jacobus Swart, ’n werknemer by ’n Stellenbosse meubelwinkel en die enigste staatsgetuie wat getuig het dat Van der Vyver in Stellenbosch was die middag van haar dood, het gesê: “Geen polisiebeampte het my weer gekontak nadat die saak afgehandel is nie.”

Christo Pretorius, wat eerste op die moordtoneel was, het gesê hy “kan nie eens onthou wanneer laas” die polisie met hom kontak gemaak het nie.

Wimpie Boshoff, saam met wie Inge ’n paar uur voor haar dood middagete geëet het, het by navraag gesê: “Nee, ek is nooit weer gekontak nie. Om die waarheid te sê, ek het my afgesluit van die saak.”

Van die ander sleutelgetuies wat kon help om Van der Vyver se bewegings rondom die tyd wat Lotz vermoor is te bevestig, maar wat nooit weer van die polisie gehoor het nie, is Braam Kruger, ’n medestudent van Van der Vyver wat hom in Pinelands gesien het ’n paar uur voor Lotz se lyk ontdek is, Janine von Stein, een van Van der Vyver se kollegas by Ou Mutual, en Marius Botha, Van der Vyver se woonstelmaat ten tyde van die moord.

Niel van Heerden, ’n voormalige polisiekommissaris wat die saak in die weke ná die moord namens haar ouers ondersoek het en wat beweer het hy het op verskeie ander verdagtes afgekom, is ook nie weer genader nie.

Die Valke se woordvoerder, kol. McIntosh Polela, het nie gereageer op ’n versoek vir kommentaar nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: inge lotz  |  hof  |  moorde  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.