Getuie vertel leuens oor dwelms
2009-10-30 15:42
Johannesburg – ‘n Polisie-informant wat in die dwelmhandel saak teen drie Wesrandse polisiemanne getuig is ‘n leuenaar wat inligting opmaak inruil vir kwytskelding, het die Johannesburgse hooggeregshof Vrydag gehoor.
Die verdediging, Nardus Grove, het gesê Norman Kokoeng weerspreek homself omdat sy getuienis in die hof oor die aantal dwelms wat betrokke was anders is as wat hy twee jaar gelede in sy verklaring weergegee het.
"Al hierdie dinge (wat in die verklaring geskryf is) is leuens. Dit het nooit gebeur nie so jy lieg sodat hy kwytskelding van die hof kan kry. Daar is ook teenstrydigheid oor die aantel ecstacy-tablette.” het Grove gesê.
Kokoeng sê die verskil in sy getuienis is as gevolg van die tyd wat verby gegaan het sedert sy verklaring.
"Dié teenstrydigheid in my verklarings is uitgewys. Ek maak baie transaksies en kon deurmekaar geraak het. Dit was in 2007 en ons is nou in 2009, my geheue was toe nog vars en ek onthou nou nie alles so duidelik nie” het hy gesê.
Die polisieamptenare wat aangekla is het onskuldig gepleit op 13 aanklagte van dwelmhandel, bedrog, afpersing en regsverydeling.
- Sapa