Getuie verskyn in Jub Jub-saak
2011-03-17 13:23
Johannesburg – Die musikant Molemo “Jub Jub” Maarohanye en sy medebeskuldigde Themba Tshabalala sal na verwagting Donderdag in die Protea-landdroshof verskyn vir hul moordverhoor.
Die twee jong mans staan tereg op tien aanklagte in verband met die moord op vier skoolkinders.
‘n Ongeluk het plaasgevind toe die mans hul Mini Coopers glo onder die invloed van dwelms in Soweto gery het terwyl skoolkinders terug huis toe stap.
Andile Mtombeni (19), Phomelelo Masemelo (16), Mlungisi Cwayi (17) en Prince Mahube (17) is dood in die ongeluk.
Fumani Mushanana en Frank Mlabo het ernstige beserings, insluitende breinskade, opgedoen.
‘n Tweede getuie sal na verwagting Donderdag getuienis lewer.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA