Getuie in trane na grusame moorde
2009-07-31 15:04
Scottburgh – Die getuie van ‘n man wat aangekla is vir die moord op 13 vroue het in trane uitgebars toe sy die modus operandi van die beskuldigde verduidelik het, het die Scottburgh hooggeregshof Vrydag gesê.
Thozamile Taki, 36, is aangekla van die moord op 13 vroue in KwaZulu Natal en die Oos-Kaap in 2007
Taki het van die vroue se liggame in suikerrietlande en bosse ontslae geraak.
Hy staar ook 13 aanklagtes van gewapende roof in die gesig.
Ilengiwe Nene word aangekla as medepligtige in die 13 aanklagtes van gewapende roof met verswarende omstandighede.
Kaptein Frederic Munro het aan die hof gesê hoe een van die getuies, Nombali Ngcobo, in trane uitgebars het toe sy in 2007 aan die polisie vertel het hoe haar vriendin, Dudu Ntetha, na bewering deur Taki weggeneem is.
“Sy het gesê dat hulle by ‘n taxi-staanplek in Umzinto was toe Taki vir Ntetha uitgekies het en haar weggeneem het,” het Munro gesê.
“Hulle (Ngcobo en Ntetha) het ‘n taxi geneem en vier ure later het hy sonder haar teruggekom.”
Ntetha se liggaam is later ontbind gevind.
- Sapa