Getroude paartjie dood in ongeluk
2009-12-03 21:01
Johannesburg – Drie mense, insluitend ‘n getroude paartjie, is Donderdag dood in ‘n ongeluk reg van voor op die Koster-Swartruggenspad in die Noordwes, het die provinsiale departement van openbare veiligheid gesê.
Woordvoerder Lesibla Moses Kgwele het gesê die voorval het net ná 16:30 gebeur toe ‘n Corolla en Corsa teen mekaar gebots het.
“Die polisie ondersoek sake van strafbare manslag nadat albei bestuurders van die voertuie en ‘n passasier in die Corsa op die toneel dood is,” het Kgwele gesê.
- Sapa