Gestremde man sterf ná kers omval
2011-11-20 16:01
Johannesburg – ‘n Gestremde man is dood nadat sy kamer aan die brand geslaan het, het die polisie in die Noordwes gesê.
Kapt. Adele Myburgh sê die 67-jarige man het gesterf nadat sy kamer Vrydagaand in Mmanthe, Taung, aan die brand geslaan het.
‘n Ander huurder in die huis sê hy het die nooddienste gebel toe hy besef dat die kamer aan die brand is.
Myburgh sê die polisie is ontbied nadat brandbestryders die brand geblus het, maar die man kon nie gered word nie.
Daar word vermoed dat ‘n kers wat omgeval het, die brand veroorsaak het.
Die saak sal ondersoek word.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA