Gestremde los studie oor ‘dosente nie help’

2010-03-10 09:24
Tweets Share Share line Print

Alet Rademeyer, Beeld

Johannesburg - ’n Gesiggestremde student aan die Universiteit van Pretoria (UP) moes sy studie in elektroniese ingenieurswese verlede maand staak omdat sekere dosente glo nie bereid was om hom met studiemateriaal te help nie.

Sakkie Mentz (25) het sy LLB-graad verlede jaar aan die UP verwerf en met ’n gemiddelde van 65% geslaag.

Sy droom is om eendag ’n patente-prokureur te word, maar dis nou eers van die baan omdat hy te ver agter geraak het met sy studie. Hy het nou maar vir sy LLM ingeskryf.

Mentz het Dinsdag gesê hy het al die beskikbare kanale by die universiteit gevolg in die hoop dat ’n beleid neergelê kan word om mense soos hy te help.

Hy het ’n doktersbrief ingedien wat sy gestremdheid bevestig het, het hy gesê. “Ek het gehoop dosente sou bereid wees om my te help met notas wat ek nie tydens die lesings kan afskryf nie.”

Volgens Mentz het hy veral probleme in vakke soos chemie en calculus ondervind.

Hy het met die hulp van medestudente op datum probeer bly, maar dit was nie moontlik nie. “Buitendien is dit nie hul ‘werk’ om my te help nie.

Ons betaal duur vir ons studies en verwag dat dosente ons behulpsaam moet wees. Ons dra immers by om hul salarisse te betaal.”

Mentz, wat vroeër ook ’n SR-lid was, het gesê wat hom betref het die universiteit nie ’n behoorlike beleid vir gestremde studente nie.

“As jy nie ’n dosent het wat bereid is om jou te akkommodeer nie, is jy op jou eie. Ek beskou myself nie as stroomop of dwars nie.

“Ek het met mense probeer praat, maar in sommige gevalle kon ek net sowel met ’n muur gepraat het.”

Victor de Castro, ook ’n gesiggestremde student, het beaam heelparty gestremde studente sukkel om studiemateriaal soos transparante te kry wat tydens lesings gebruik word.

Hy het eers politiek gestudeer en is ook nou met sy LLB besig. “Ek kan egter glad nie kla nie en is dankbaar vir dosente wat vir my goed is en my ekstra tyd gee en help dat my toetse in groter druk beskikbaar is.”

Prof. McGlory Speckman, studentedekaan, het gesê die universiteit het ’n eenheid vir gestremde studente en Mentz moes voordat hy begin studeer het, reëlings deur dié eenheid getref het wat sou help dat hy kry wat hy nodig het.

Luidens die UP se verklaring het Mentz nie by die klaskoördineerder in chemie opgedaag vir hulp nie. “Alle studente is self verantwoordelik om opsommings van lesings en handboeke te maak indien hulle van opsommings af wil werk.

“Die betrokke student is herhaaldelik genooi om die dosent te spreek oor handboekgebruik, wat hy nie gedoen het nie.”

- Beeld

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Dit sal ook vir ons n teken wees wat ons van nou af sal moet doen om seker te maak ons oorleef. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.