Gesteelde kind ná 13 jaar met ouers herenig

2012-01-26 09:02
Tweets Share Share line Print

Port Elizabeth – Hy gaan al 24 jaar deur die lief en leed van polisiewerk.

Maar níks vergelyk met dít wat kapt. Sandla Dlilisa gevoel het toe hy ’n gesteelde kind ná 13 jaar met haar ouers herenig het nie.

“Ek sê dit sonder om skaam te wees: Ek het gehuil, die ouers het gehuil en die kind het gehuil. Al die ou vroue van die gemeenskap was daar en hulle wou my nie toelaat om te ry nie voordat hulle gebid en God gedank het.

“Dis ’n oomblik wat ek nooit sal vergeet nie,” het ’n steeds emosionele Dlilisa Woensdag aan Volksblad vertel.

Die skok-verhaal begin in 1998 toe ’n familielid van Nokonga Ndaza, inwoner van Centani, by haar aangekom het met die versoek dat sy haar ses maande oue babadogtertjie wil vat om vir die ouma te gaan wys.

Ndaza het die kind goedertrou laat gaan, maar later besef haar kind is gesteel. Sy en haar man, Thembinkosi Ndaza, is polisie toe, maar die saak is nooit behoorlik ondersoek nie.

Volgens Dlilisa het hulle daarmee vrede gemaak dat hul kind vir moetie-doeleindes gesteel is – tot in April verlede jaar toe me. Ndaza die vermeende kinderdief in Oos-Londen raakgeloop het.

Lede van die gemeenskap het haar gehelp om die verdagte aan te keer en aan die polisie uit te lewer.

Dlilisa sê die verdagte het gebieg dat sy die kind twee maande ná die diefstal in ’n stuk veld buite Durban gelos het.

Maatskaplike werkers het haar op die ouderdom van agt by peetouers in Pietermaritzburg geplaas.

Dlidliza het hulle opgespoor en toe bloedmonsters van die kind en die biologiese ouers geneem.

Nadat die uitslae getoon het hulle is sonder twyfel bloedfamilie, het die polisieman ’n hofbevel verkry om haar onder die sorg van haar familie te plaas.

Hy het haar Dinsdag met hulle herenig.

Volgens hom was sy én haar ouers baie senuweeagtig oor die herontmoeting, maar het alles goed afgeloop.

“Haar grootmaakouers het haar met ’n blye hart en ’n glimlag laat gaan. Hulle gaan beslis kontak hou en sy sal selfs gaan kuier.”

Die verdagte, Nolitha Siphondo, het reeds in die hof verskyn en bly in aanhouding.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: vermiste kinders

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.