Gesondheidsplan sal R125 miljard kos
2011-08-11 12:11
Pretoria – Die beoogde nasionale gesondheidsversekeringsplan (NGV), wat daarop gemik is om gesondheidsorg vir armes in die land meer toeganklik te maak, sal volgens die NGV-beleidsdokument R125 miljard in 2012 en R214 miljard teen 2020 kos.
Die NGV, wat deur die regering en ander rolspelers in Suid-Afrika se gesondheidsorgstelsel bespreek word, sal volgens die beleidsdokument, wat Donderdag vrygestel is, R255 miljard teen 2025 kos.
"Die doel is om gesondheidsorg vir almal te finansier," het Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, op 'n mediakonferensie gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters