Gesoekte rower vas
2009-10-01 10:10
Johannesburg – ‘n Man wat gesoek word vir huisbraak en roof in die Synbrand Park-omgewing in Kaapstad is in hegtenis geneem.
“Polisie in Mowbray was op patrollie toe hulle ‘n man en ‘n vrou in ‘n motor gesien het. Toe die paartjie die polisie gewaar, het hulle weggejaag waarna die polisie hulle agternagesit het," het kapt. Angie Latchman gesê.
Volgens Latchman het polisie die voertuig in die Woodstock-gebied van die pad afgetrek en agtergekom dat die man gesoek word vir roof en huisbraak.
Hulle het die man na sy huis geneem om dit te deursoek en het twee onwettige vuurwapens en 120 rondtes ammunisie vir ‘n AK 47-masjiengeweer, gevind.
Polisie het ook beslaggelê op elektriese- en boutoerusting, huishoudelike toestelle, toerusting vir musiektoestelle en gesteelde horlosies. Dié items se waarde beloop sowat R150 000.
- Sapa