Gesoekte misdadiger vasgetrek
2011-08-29 09:06
Johannesburg – Een van Suid-Afrika se mees gesoekte misdadigers, Bongani Moyo, sal Maandagoggend in die Pretoriase landdroshof verskyn nadat hy weer in hegtenis geneem is.
Dit volg ná sy tweede ontsnapping vanjaar.
Moyo sal in die hof verskyn in verband met meer as 35 bankrooftogte, het die Gautengse polisie gesê.
Volgens brig. Neville Malila is Moyo Sondagaand in Hillbrow, Johannesburg, vasgetrek. Hy is in ‘n motor saam met twee Zimbabwiese burgers gevind.
Moyo het vroeër vandeesmaand op krukke uit die Pretoriase streekshof ontsnap. Hy was ten tyde van die ontsnapping nie toegesluit of in voetboeie nie.
Twee ondersoekbeamptes en twee polisiebeamptes is intussen geskors.
Die 29-jarige verdagte het in Maart uit die Boksburgtronk ontsnap.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA