Geskorste UV-studente op oorlogspad teen Jansen

2010-08-13 06:32
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Bloemfontein - Die Sasco-studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), wat gister geskors is hangende ’n dissiplinêre ondersoek nadat hulle ’n week gelede intervarsity-wedstryde ontwrig het, en die Jong Kommuniste-liga (JKL) is op die oorlogspad.

Thomas (Tom) Thabane, sekretaris van Sasco op die kampus, skryf op Facebook, in ’n klaarblyklike ope brief aan prof Jonathan Jansen, rektor: “Baie voor jou, met groter wapens en baie meer toegewydheid het ons probeer stop en misluk. Jou pogings om ’n tsoenami te stop met ’n sambreel gaan nutteloos wees.”

Hy noem Jansen in die brief ’n “sogenaame comrade” wat studente bevoordeel wat in Afrikaans studeer.

“Hulle (Afrikaanse studente) het vroeër klasse, dosente wat vlot is in Afrikaans en beter wenke gee aan Afrikaanse studente.”

Hy beskuldig die UV-bestuur daarvan dat hy rassisme aanblaas deur nie aanstellings te doen uit die aangewese groepe nie, gebou-name behou waarmee swart studente nie identifiseer nie en die UV-wapen wat bestaan uit “voortrekker-horings” waarmee slegs 1% van studente kan identifiseer.

“’n Instelling wat jou misken as jy nie ’n Christen of Afrikaner is nie, hoort nie in ’n gemeenskap nie.”

Hy beskryf ’n studenteleier as ’n “aktivis” wat “verandering” wil teweegbring. “Dit is ons geboortereg wat ons van ons ouers, wat vryheidsvegters was, geërf het. Ons is ’n spesiale tipe mens wat net so lank soos hoëronderwys-instellings bestaan.”

Thabane versoek Jansen om op te hou om onwaarhede te verkondig soos dat die UV die mees getransformeerde universiteit in die wêreld is en om onmiddellik die leuen dat die UV ’n leier in transformasie is, van die UV-webwerf te verwyder.

Die JKL het ook in ’n giftige verklaring teen Jansen uitgevaar.

“Dis hartseer dat die eerste swart rektor van die UV verantwoordelik is vir die viktimisering van die eerste swart SR-president, op sy leliewit-kampus.”

Hulle beskuldig Jansen daarvan dat hy ’n “volkstaat” van die UV probeer maak en dat die “baas-mentaliteit” nog springlewendig op die kampus is.

“Ons sal die JKL en ander progressiewe organisasies op die kampus mobiliseer en die kampus onregeerbaar maak,” lui die verklaring.

Hulle doen ’n beroep op die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, om in te gryp op die “Afrikaner-kampus”.

“Ons as die JKL belowe Jansen, wat eens een van ons was, oorlog as hy voortgaan om swart studente te viktimiseer en nie die skorsing op te hef nie. Dit is ’n belofte wat ons nie sal breek nie.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
50 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Sy's wit. Sy's 'n lid van BMF. Dus bewys dit jou bewering dat witmense nie by die BMF mag aansluit nie verkeerd. En jy weet dat as jy weer onbesonne leuens gaan verkondig, ek jou aan die kaak kan stel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.