Gesin wil minister dagvaar vir Dstv

2010-09-12 09:26
Tweets Share Share line Print

’n Gesin wat die afgelope 12 jaar op staatsonkoste beskerm word, wil die minister van justisie laat opsluit omdat dié nie meer hul DStv-rekening wil betaal nie.

X* en sy gesin is sedert Augustus 1998 in die getuiebeskermingsprogram van die na-sionale vervolgingsgesag (NVG) nadat sy huis afgebrand en hy daarna in die maag geskiet is toe hy dit wou herstel. X beweer hy is die slagoffer van ’n politieke komplot en dat ’n “onopgeleide geheime agent” hom teister.

Die NVG het X, sy vrou en drie kinders egter in Oktober 2008 ingelig hy meen sy lewe is nie meer in gevaar nie. Die NVG het hom gevra om aan te dui waar hy hervestig wil word sodat onderhandelings oor ’n finale skikking kon begin.
X skop egter hierteen.

Die NVG het nog nie ’n finale besluit geneem nie, maar het die huurkontrak van X en sy gesin se drieslaapkamerhuis hernieu. Die “maandelikse toelaag van R2 390” het egter skielik opgedroog, sê X.

Nou het X die hooggeregshof in Pretoria gevra om die minister skuldig te bevind aan minagting van die hof.

X eis voorts R2 520 vir agterstallige vervoertoelae, R6 479 vir DStv-intekengeld, R5 608 vir skoonmaakmiddels en R750 vir die behandeling van sy seun deur ’n tradisionele geneser. Nie X of sy vrou werk nie.

Die minister betwis dit dat hy aanspreeklik is vir al dié uitgawes en ’n verteenwoordiger van die NVG sê in hofstukke die program is nie ’n “maatskaplike diens” nie, maar ’n beskermingsprogram waarin hy vrywillig opgeneem is.

X meen egter die reëling oor die DStv is reeds ’n dekade in werking en is nodig vir hul “fisieke en verstandelike behoeftes”. Dit veroorsaak probleme as sy kinders die heeltyd DStv by die buurman gaan kyk, sê hy.

X is bang sy ware identiteit lek uit as die bure sy kinders sou uitvra oor hul omstandighede.

“Ons is die afgelope tien jaar gratis vervoer na waarheen ons ook al wou gaan,” sê X, maar dié toelae is ook gestaak.

Sy dogter kon dus nie eens ’n brief oor hul benarde situasie by pres. Jacob Zuma se kantoor gaan aflewer nie, want hulle het nie vervoer nie.

Die hof sal die aansoek in November aanhoor.

* Die partye se identiteite en geografiese inligting word weerhou omdat hulle steeds beskermde persone is.

- Rapport

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.