Gesin weer slagoffer van inbraak op hoewe

2011-10-24 08:01
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – ’n Bloemspruitse gesin het die afgelope naweek wéér die slagoffers van misdaad geword toe inbrekers by hul motorhuis ingebreek en duur gereedskap gesteel het.

Die voorval kom ’n week nadat die Bloemspruit-vroue-aksie-groep gestig is om vroue en ander slagoffers van misdaad in die Bloemspruit-omgewing te help. Dit is die tweede keer in amper soveel maande dat Ben Hanekom en sy vrou, Talane, besteel is.

Mnr. Hanekom het Sondag gesê hy vermoed dit is dieselfde mense wat hulle en ander inwoners van Bloemspruit in hul visier het.

Die booswigte het Vrydagaand by die Hanekoms se motorhuis ingebreek en sowat R10 000 se gereedskap gebuit. Die alarm het nie afgegaan nie.

Twee weke gelede het ’n man ook probeer inbreek, maar die hasepad gekies toe mev. Hanekom, die orrelis by die plaaslike NG kerk, hom gewaar het. Hy is deur die plaaswag aangekeer en aan die polisie oorhandig. ’n Paar dae later was hy weer op vrye voet nadat sy saak uit die hof gegooi is.

Twee maande tevore is ook by die Hanekoms se motorhuis ingebreek. Die inbrekers het ’n gat in die muur gemaak om so toegang tot die huis te verkry, maar het misluk. Hulle het toe met gereedskap gevlug.

“Ek is al gatvol. Ons word elke keer geteiken en die polisie doen niks. As ek hulle weer sien, gaan ek skiet. As die polisie nie iets gaan doen nie, gaan ek,” sê mnr. Hanekom.

Sy vrou loop sedert die laaste voorval met ’n rewolwer om haar heup uit vrees vir haar lewe. “Sy is bang en moet heeltyd met die rewolwer loop. Ons is almal op ons senuwees. As die alarm afgaan, hardloop ons. ’n Mens voel bedreig op jou eie plek.”

Sers. Thabo Litabe, polisiewoordvoerder, het nie gister van die voorval geweet nie, maar het beloof om inligting te kry. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: aanvalle  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.