Gesin verloor byna alles in brand

2011-12-31 08:54
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – ’n Bloemfonteinse gesin het ’n baie slegte Kersfees beleef en word in die gesig gestaar deur ’n nuwe jaar van onsekerheid nadat hul woonstel byna afgebrand het.

Heila Kotze (47), ’n private verpleër en koerantverkoper, se huurgeld wat onder die matras was, is ook in die brand vernietig toe haar tweeslaapkamer-woonstel in Oranjesig op Kersaand byna afgebrand het.

Kotze deel die woonstel met haar drie seuns, skoondogter en kleinkind.

Die Kotzes is sonder heenkome nadat hulle byna alles in die brand verloor het.

Volgens Kotze is die huurgeld van R3000 wat sy verloor het, die ergste. Sy moet dié geld voor 3 Januarie betaal.

Kotze het gesê die brand het omstreeks 22:00 ontstaan toe ’n gordyn vermoedelik vlam gevat het nadat haar seun Christo (17) ’n kers opgesteek het toe die krag afgegaan het.

Christo en Kotze se kleinkind, Nathan Lyons (3), was alleen by die huis.

Christo het Nathan gegryp en by ’n agterdeur uitgehardloop.

“Ek het gedog my kinders het doodgebrand. Ek het aan my broer se kinders gedink (wat in 1995 in brand dood is). Ek het gedink: ‘Here, hoekom moet dit met my gebeur?’”

Brandweermanne moes Kotze keer toe sy in die brandende woonstel wou inhardloop.

“Dit was nie ’n lekker Kersfees nie en ons toekoms lyk ook donker. Ons het alles verloor en het nie eens kos om te eet nie. Ek moet nou ’n plan probeer maak om die huur te betaal.

“Ons moet nou nog ander blyplek ook soek terwyl die skade reggemaak word, maar ons het geen ander heenkome nie.”

Twee rekenaars, ’n TV-stel, klere, beddegoed en ’n slaapkamerstel is in die brand vernietig.

Kotze moes ook al hul kos weggooi. Die plafon en mure van die woonstel is beskadig.

“Dié dinge gebeur, maar jy verwag nie dit gaan met jou gebeur nie.

“Ek is veral hartseer oor my rekenaar wat verwoes is, want dit het twee jaar gevat om dit op te bou,” het Albert Lyons (27), Kotze se oudste seun, gesê.

Kotze het die brandweer en nooddiens bedank vir hulle vinnige optrede.

Mense wat die gesin wil help, kan Kotze by 072-848-4671 bel.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: brande

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.