Gesin verkool in brand
2011-07-28 19:40
Johannesburg – ‘n Gesin van vier is dood toe hul hut in Ngcobo in die Oos-Kaap aan die brand geslaan het terwyl hulle geslaap het, het die polisie Donderdag gesê.
Volgens lt.kol. Mzukisi Fatyela is die polisie oortuig daarvan dat die gesin se verwarmer die brand Woensdagaand veroorsaak het.
Hy sê die hut in die Maxelegwini- informele nedersetting het omstreeks 23:00 aan die brand geslaan.
Fatyela sê ‘n 55-jarige vrou, haar 30-jarige dogter, ‘n 15-jarige seun en ‘n agtjarige meisie was in die woning.
“Die bure het die brand gesien, maar dit was te laat. Die vlamme was reeds buite beheer,” het Fatyela gesê.
Geen verdere inligting is verskaf nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA