Gesin van vier sterf in ongeluk
2010-01-16 14:50
Johannesburg - ‘n Gesin van vier, wat besig was om vanaf Durban na Pretoria te verhuis, is dood toe hul motor ‘n boom op die N1 naby die Grasmere-tolhek getref het, het polisie gesê.
“Dit wil voorkom asof die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het…die slag was so groot dat dit die motor in twee geskeur het,” het supt. Wayne Minnaar gesê.
“Ons het aanvanklik gedink dat hulle teruggekeer het van vakansie in Knysna, omdat ons ‘n pamflet in die wrak gevind het wat so iets voorgestel het, maar hulle is eintlik van Durban," het Minnaar gesê.
“Die ma, pa en hul twee tienerkinders is in die ongeluk dood.”
Minnaar het gesê die gesin was na Pretoria onderweg toe die ongeluk plaasgevind het.
“Die oorsaak van die ongeluk sal verder ondersoek word,” het hy gesê.
- Sapa