Gesin van Lindley vandag in een graf ter ruste gelê

2010-12-09 06:50
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Lindley – Die Potgieter-gesin, wat wreed op die plaas Tweefontein in die distrik Lindley vermoor is, word vandag in drie kiste bo-op mekaar in een graf begrawe.

“Ons (die twee families) het besluit omdat hulle saam dood is, is dit net reg dat hulle ook saam begrawe word,” het André Potgieter gister op die vooraand van sy seun Attie (40), skoondogter Wilna (36) en kleinkind Willemientjie (2) se begrafnis gesê.

’n Gedenkdiens word om 11:00 in die NG kerk op Lindley vir die Potgieter-gesin gehou. Ds. Pikkie Maritz sal die diens lei. Hulle word hierna in die Lindley-begraafplaas ter ruste gelê. Ds. Piet Taljaard, wat die egpaar se predikant op Arlington was, gaan die teraardebestelling lei.

“As ons swaarkry net die mense van Suid-Afrika by God sal uitbring, dan was dít wat gebeur het nie vergeefs nie,” sê Potgieter.

Volgens hom koester die familie nie wraak of vergelding nie. “As daar net iets positiefs hieruit kan kom.

“Ek wéét môre (vandag) gaan swaar wees, maar God is met ons. Ons moet net regop bly.”

Potgieter het gesê hy het vrede en kalmte in sy hart.

“Die ondersteuning van die gemeenskap is ongelooflik.”

Die vermoorde man se broer, Arno, het gister gesê die begrafnis is soos ’n berg wat voor hom lê.

“Ek dink al die heeldag daaraan.”

Bokkie van Staden, Wilna se ma, was gister emosioneel en wou nie baie praat nie.

Sy het dié dag beskryf as een waarin hulle as familie “baie dinge moet afsluit”.

Vicus Bürger berig mnr. Johan van Tonder, streeksverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), sê die familie het gevra dat geen georganiseerde optredes deur politieke partye of verenigings gehou word nie.

“Dit is vir hulle ’n private aangeleentheid en hulle wil in vrede afskeid neem van hul kinders.”

Van Tonder sê baie mense het simpatie met die familie en hulle verwag dit gaan ’n groot begrafnis wees.)Die Vrystaatse premier, mnr. Ace Magashule, het gister gesê alle rolspelers moet bymekaarkom om oplossings vir die wrede aanslae op ons boere te vind.

Volgens hom kan die regering nie alleen misdaad bestry nie, maar almal, wit en swart, sal hande in dié stryd moet vat.

Hy het die aanvallers op die Potgieter-gesin as genadeloos beskryf en die moorde ten sterkste veroordeel.

Magashule het weer die regering se meegevoel met die oorledenes se familie uitgespreek.

Volg Nuus24 op Twitter.


- Volksblad

Lees meer oor: plaasmoorde  |  begrafnisse

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.