Gesin sterf in brand
2011-09-19 16:55
Kaapstad – 'n Egpaar en hul dogter is dood nadat hul plakkershut naby Durbanville in Kaapstad aan die brand geslaan het, het beamptes Maandag gesê.
Brandbestryders is vroeg Sondagoggend na Fisantekraal uitgeroep, het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die Stad Kaapstad se rampbestuur-afdeling, gesê.
Die ouderdomme van die slagoffers is nie bekend nie.
In nóg 'n brand in die Melani informele nedersetting is ses mense dakloos gelaat nadat twee plakkershutte gebrand het.
Die oorsaak van die brande is nie bekend nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA