Gesin se bakkie wrak ná dit glo slaggat tref

2010-01-12 08:04
Tweets Share Share line Print

Johan Brits

Kroonstad – ’n Gesin van Lesotho se viertrekbakkie is ’n wrak ná ’n ongeluk op ’n stuk pad in die Noord-Vrystaat waaroor die Wes-Kaapse premier, mev. Helen Zille, sê “dit is soos om op die maan te loop” weens sy vreeslike slaggate.

Die provinsiale pad tussen Kroonstad en Bothaville is moontlik een van die swakste paaie in die provinsie.

Marietjie Taljaard van die plaas Kaalplaas het die gesin te hulp gesnel ná die ongeluk.

Die gesin was glo van Mafikeng waar hulle gekuier het, op pad terug na Lesotho toe die ongeluk plaasvind.

Die man en vrou, asook vier kinders wat agter in die bakkie was, is beseer, maar na verneem word nie baie ernstig nie.

Taljaard het nie hul besonderhede nie.

Die bakkie het vermoedelik ’n slaggat getref, waarna ’n band gebars het.

Die voertuig het glo minstens drie keer gerol.

“Dit is vreeslik. Ons wat hier in die omgewing bly, weet in watse toestand die pad is en om baie stadig en versigtig te ry. Mense van elders weet nie hoe die pad lyk nie.”

Die pad het al voorheen ongelukke veroorsaak.

Taljaard meen dis ’n skande dat die pad nie aandag kry nie.

Volksblad het self die pad besoek en dit in ’n verskriklike toestand aangetref.

Taljaard sê ná die onlangse reën is die pad “letterlik onbegaanbaar”.

Zille het dié pad verlede jaar voor die algemene verkiesing in haar hoedanigheid as DA-leier besoek.

“Ek het al gehoor van die gate in die pad, maar hier moes ek soek vir die pad tussen die gate. Dit is soos om op die maan te loop. Dit is lewensgevaarlik en veroorsaak talle ongelukke,” het sy ten tyde van haar besoek gesê.

Die gesin se name was teen druktyd nog onbekend.

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: padveiligheid  |  ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.