Gesin rou nadat seun sterf

2009-09-10 22:03
Tweets Share Share line Print

Sonja van Buul

Vanderbijlpark – “Ek het elke oggend so gesukkel om Brian wakker te maak en nou kan ek dit nie eens meer doen nie.”

So sê Vic Gertzen van Vanderbijlpark nadat sy jongste seun, Brian (22), Saterdag kort ná 21:00 in ’n motorongeluk in dié dorp dood is.

Brian en drie vriende het ’n vriendin in nood te hulp gesnel toe hy op ’n draai in Rossini-boulevard beheer oor hul voertuig verloor en teen ’n boom gebots het.

Brian, Gerhard Botes (20), Angie Ballantyne (21) en Saskia Sayers (15) was op pad na ’n partytjie van ’n vriend wat 21 geword het.

“Brian-hulle het vleis en ys vir ’n braaivleis gaan koop, toe die vriendin vir hulp bel,” het sy ma, Meisie, hartseer gesê.

Volgens Gertzen het sy seun altyd uit sy pad gegaan om ander te help.

“Dit het nou waarskynlik sy dood veroorsaak.”

Vriende en omstanders het geskok op die grusame ongelukstoneel rondgestaan terwyl ER24-paramedici vergeefs om Brian se lewe geveg het.

Die ouerige model Toyota Conquest waarmee die vriende gery het, behoort aan een van Brian se vriende.

Balantyne en Saskia is na die Vereeniging Medi-Clinic geneem waar hulle vir geringe beserings behandel is.

Botes is by die Sasolburg-hospitaal behandel en is ook nie ernstig beseer nie.

Volgens sy ouers was Brian lief vir rekenaars, skaak en motorfietse.

“Hy het altyd sy eie kop gevolg, maar hy was ’n getroue, behulpsame vriend in sy groot vriendekring,” het sy pa gesê.

Die ouers sal onthou hoe Brian, sonder hul toestemming, sy hoëtroustel verkoop het om mense te help wat nie hul munisipale rekening kon betaal nie.

“Dit is hoe Brian was.”

Benewens sy ouers word hy oorleef deur ’n broer, Shaun (26).

Hy word Vrydag om 14:00 vanuit die Maranatha-aanbiddingsentrum op die hoek van Bernini- en Bramatestraat in Vanderbijlpark begrawe.

Sy motorfietsvriende beplan om Brian met motorfietse na sy laaste rusplek te begelei.

–Beeld

Lees meer oor: motorongelukke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.