Gesin ernstig beseer in ongeluk
2010-02-05 04:34
Johannesburg – Ses mense is beseer in ‘n ongeluk waarby ‘n privaat sekuriteitsvoertuig in Phoenix, KwaZulu-Natal betrokke was, het paramedici Donderdag gesê.
‘n Sekuriteitsvoertuig het met ‘n BMW gebots op die kruising van Broadlands en die R102 in Phoenix, het Jeff Wicks van Netcare 911 gesê.
‘n Man en vrou en twee kinders van die BMW is ernstig beseer, sowel as twee sekuriteitsamptenare van die ander voertuig.
Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na ‘n hospitaal geneem is.
- Sapa