Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Gesin betrap dronk inbreker op rusbank

2012-09-11 10:20
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Inbreker het hom só aan sy slagoffer se drank vergryp dat hy op die rusbank aan die slaap geraak het waar die inwoners later op hom afgekom en hy op die toneel in hegtenis geneem is.

Beeld berig diewe het verlede week by Dennis Stastney se huis in Vereeniging ingebreek nadat hy en sy vrou hul kinders by die skool afgelaai en werk toe gegaan het.

“Dit lyk asof hulle heeldag ‘n massiewe partytjie gehad het... As ’n mens kyk na die hoeveelheid drank wat gedrink is, was hier meer as een inbreker,” het die man aan die dagblad gesê.

Die inbrekers het die huis deursoek en elektroniese items en juweliersware gesteel. Hulle het ook op die beddens en banke geurineer en selfs ‘n maaltyd geniet.

“Hulle het vyf bottels drank leeggedrink, waaronder ’n bottel brandewyn, ’n bottel whisky, ’n bottel rum, ’n halwe bottel wyn en vodka.”

Stastney (34) sê hy, sy vrou en twee kinders het omstreeks 18:00 weer by die huis aangekom en ‘n man op hul rusbank sien lê.

Hulle het Vereeniging se gemeenskaps­polisiëringsforum in kennis gestel en die polisie is ontbied.

“Hy (die inbreker) was vol drank en gom. Hy het gom gesnuif wat ek gebruik het om ons houtvloere mee in te sit.”

Stastny het die voorval as “skrikwekkend” beskryf aangesien die inbrekers duidelik die gesin se roetine geken het.

Volg Nuus24 op Twitter    

- SAPA

Lees meer oor: inbrake  |  kan jy glo?
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Seg Net sê... Dit is wat moet gebeur. Die kinders moet van kleins af sien dat sulke dade met die doodstraf gestraf moet word. Moontlik neem dit af in die toekoms indien meer kinders so geleer word. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BDE ? Clearing & Forwarding

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Branch Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.