Gerugte oor "siek" Mandela is nie waar

2010-09-12 06:25
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ’n Katnes van gerugte oor oudpres. Nelson Mandela se gesondheid het die afgelope week in Slowenië gelei tot ’n diplomatieke verleentheid vir die Mandela-familie.

Die organiseerders van ’n glansgeleentheid in die Sloweense hoofstad, Ljubljana, vir hoofman Man­dla Mandela se kunsprojek, Africa Salutes You, is per e-pos ingelig dat Mandla nie die geleentheid kon bywoon nie “omdat sy oupa se gesondheid so versleg het dat Mandela-familielede aangesê is om nie die land te verlaat nie.” Hy is Madiba se kleinseun.

Africa Salutes You is ’n inisiatief van Mandla en die kunstenaar Athol Moult. Dis ’n WB 2010-projek waarin Moult en die kinders van Mvezo, Madiba se geboorteplek, kunswerke gemaak het wat deur Madiba onderteken is.

Mandla het gister ontsteld aan Rapport gesê hy sou nooit dié geleentheid in Slowenië bygewoon het nie. En dit is “absoluut onwaar” dat sy oupa ernstig siek is.

“My oupa is in goeie gesondheid. Sy humorsin het verouder, soos goeie wyn, soos wat hy ouer word. Hy word by die dag net snaakser. Niemand in my familie is aangesê om nie die land te verlaat nie.”

Die Nelson Mandela-stigting het ook gister bevestig Madiba se gesondheid is goed.

Sandra Brajko van die Moja Sanje-liefdadigheidsorganisasie het uit Slowenië aan Rapport gesê sy sal ontsteld wees as sy om die bos gelei is. Sy is deur Izandla Marketing in Suid-Afrika gekontak om die reëlings te tref vir Mandla se besoek.

Mandla sê: “Ek hoor nou die eerste keer dat ek veronderstel was om in Slowenië te wees. Ek weet nie wie sulke reëlings getref het nie.”

As LP het hy verpligtinge in die parlement gehad en vergaderings by Luthuli-huis in Johannesburg.

Brajko is verlede Donderdag in ’n e-pos van Izandla Marketing deur Thierry Leclair en Ross Calder ingelig Mandla kan nie meer reis nie weens sy oupa se gesondheid.

Volgens Brajko het Leclair Woensdagaand by die kunsprojek se uitstalling dieselfde gesê.

Leclair het gister net gesê “die mense wat Africa Salutes You bestuur” het hom oor Madiba ingelig, maar hy kon nie sê wie nie.

Moult het gesê hy is verlede week op kort kennisgewing deur Leclair gevra om vir Mandla in te staan.

Calder se naam verskyn onder dié van Leclair op die e-pos. Pogings om hom in die hande te kry, was onsuksesvol.

Calder en Ismail Ayob, Madiba se voormalige regsadviseur, is destyds deur Madiba gedagvaar oor kunswerke waarop sy handtekening glo vervals is.

Mandla was oorbluf toe Rapport hom inlig dat kunswerke by die uitstalling in Slowenië €5 000 (R46 200) ingevorder het.

“Ek het nie geweet daar is enigiets verkoop nie. Daardie geld moet na die koffers van die Mvezo-gemeenskap gaan sodat ons ’n hoërskool kan bou.”

Brajko wil nou dringend met Mandla praat: “Ek gaan nie die geld oorbetaal voordat ek self met hom gepraat het nie.

“Toe ek Leclair vra vir ’n ampte­like kopie van die bankbesonder­hede van die Mvezo-gemeenskaptrust is aan my gesê die geld kan nie direk na die trust gaan nie; dit moet eers in Izandla se rekening inbetaal word, want hulle het nog kostes wat afgetrek moet word voordat dit oorbetaal kan word.”

- Rapport

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.