Geoloog in hof oor huurmoord

2011-11-19 08:30
Tweets Share Share line Print

Pretoria – 'n 62-jarige geoloog wat sy tuinier glo gehuur het om sy voormalige vrou te vermoor, het Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria skuld ontken.

Die staat beweer Cobus Prinsloo het Lucas Moloi se dienste bekom om sy eksvrou, Cordelia, dood te maak.

Prinsloo het haar lyk glo op 14 Oktober 2009 gevind waar dit in ’n blombedding op sy hoewe naby Kameeldrift, noordoos van Pretoria, begrawe is.

Moloi is Donderdag tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy erken het hy het mev. Prinsloo met ’n graaf doodgeslaan.

Sy verhoor is van Prinsloo s’n geskei nadat hy skuld beken het.

Moloi het ter strafversagting getuig Prinsloo het hom eers werk en gratis huisvesting aangebied en later belowe om hom R50 000 en ’n huis te gee om sy eksvrou te vermoor.

Hy het nie ’n sent van die beloofde geld gekry nie. Sy enigste beloning was R3 000, wat hy gekry het deur ’n Krugerrand van mev. Prinsloo te verkoop.

Die polisie het by sy arrestasie juwele, buitelandse geld, ’n skootrekenaar en selfoon by hom gekry.

Mev. Prinsloo, ’n lugwaardin, het ten tyde van haar dood in ’n afsonderlike huis op haar eks­man se hoewe gewoon.

Mnr. Prinsloo het Vrydag sy swygreg gebruik en nie die grondslag van sy verdediging onthul nie, maar wel ’n aantal formele erkennings gedoen.

Hy het gesê die skikking in hul egskeiding het ’n ooreenkoms ingesluit dat die hoewe sy eksklusiewe eiendom sou bly, maar dat sy eksvrou geregtig sou wees op 4 ha van die hoewe, wat onderverdeel moes word.

Die ooreenkoms het ook bepaal hy sou haar die markwaarde van die 4 ha gee as die onderverdeling nie binne drie jaar afgehandel is nie.

Die onderverdeling het ten tyde van haar dood nog nie plaasgevind nie.

Regter Ntendeya Mavundla het die verrigtinge uitgestel tot Maandag, wanneer Moloi na verwagting sal getuig.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: moorde  |  hof  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.