Genoeg is genoeg, sê AWB se nuwe leier

2010-04-07 07:20
Tweets Share Share line Print

Nicolize van der Walt, Die Burger

Ventersdorp-Die man wat Eugène Terre’Blanche se skoene voortaan as leier van die AWB sal moet volstaan, is gister hier aangewys.

Steyn von Ronge, ’n Vrystaatse boer uit die Zastron-omgewing wat reeds 20 jaar ’n lid van die AWB is, het die leisels amptelik oorgeneem. Dit kom ná ’n uitvoerende bestuursvergadering van die beweging.

Von Ronge het in ’n kort verklaring weer eens gesê die AWB sal nie verantwoordelikheid neem vir “individuele vergeldingsaksies” nie.

Hy het egter vinnig bygevoeg dat moorde op wit boere nie langer geduld sal word nie.

“Genoeg is genoeg. Ons is tans besig om nog veiligheidsplanne, binne die raamwerk van wetgewing, tot stand te bring. Ons kan egter nie die plan bekend maak nie,” het Von Ronge gesê.

Volgens hom is hulle tot dusver tevrede met die verloop van die regsproses ten opsigte van die vervolging van Terre’Blanche se vermeende moordenaars.

“Ons respekteer die landswette en glo en vertrou dit sal ’n regverdige proses wees.

“Ons is ook baie tevrede met ons lede se gedrag en optrede by die hof vandag.”

Hoewel die AWB weier om ledegetalle bekend te maak, het Von Ronge bevestig dat nuwe aansoeke om lidmaatskap “met duisende” toegeneem het.

    * André Visagie, sekretaris-generaal van die AWB, het aan Hannatjie van der Merwe gesê dit sou vir die AWB in dié stadium sinloos wees om nie die moord te wreek nie, “aangesien die haat in die harte van ons mense hulle sal dwing om tot anargie oor te gaan”.

Visagie het daarop gewys dat Pieter Steyn, AWB-kommandant van die Wes-Rand, se uitlatings van eergister van alle waarheid ontbloot is.

Hy het gesê die AWB sal uiteraard teen Steyn optree.

“Steyn is nie ’n lid van die uitvoerende raad van die AWB nie en praat nie namens die AWB nie,” het Visagie gesê.

- Die Burger


Lees meer oor: awb  |  politieke onrus

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.