Generaals ry nou die soustrein

2009-10-23 06:28
Tweets Share Share line Print

Erika Gibson

Pretoria-Soldate in die weermag sal vanjaar met ’n gemiddelde verhoging van 9% tevrede moet wees, maar van hul generaals het sedert Januarie tot 22% meer in hul sakke gesteek.

Die 218 generaals in die weermag verdien nou saam minstens R91,335 miljoen jaarliks, bereken op die basiese skale vir senioriteit.

Die hoof van die weermag kry R25 000 per maand net as ’n motortoelae. Met dié geld kan die weermag maandeliks ’n kolonel of ses troepe betaal.

Trouens, met die totale generaals-salarisrekening kan 1 790 bykomende soldate in diens geneem word, het adv. Pikkie Greeff van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu) gister gesê.

Die generaals se salarisstrokies lees soos enige troep se gunsteling­sprokie.

’n Topgeneraal het in Februarie vanjaar bykans R600 000 verdien. Met die staatsdiens se nuwe skaarsvaardigheidstoelaag, wat betaal word om senior bestuurslui in elke departement te behou, is dié jaarlikse salaris teen Maart opgeskuif na R722 100 en in Junie nóg ’n slag na R735 100.

Dieselfde generaal bewoon ’n staatshuis wat deur die departement van openbare werke in die luukse woonbuurt Waterkloof, Pretoria, aan generaals beskikbaar gestel word.

Die generaal betaal egter dieselfde standaardhuur van R500 per maand wat elke troep of offisier vir weermaghuise opdok.

Tesame met sy nie-pensioendraende toelaes en motortoelae is sy maandelikse verdienste ’n stewige R136 389.

In Februarie vanjaar het een topgeneraal, met inbegrip van sy terugwerkende skaarsvaardigheidstoelae tot 1 September verlede jaar en ná aftrekkings, R95 228 huis toe geneem.

Soldate se griewe oor onder meer hul swak salarisse het sowat twee maande gelede oorgekook toe hulle tydens ’n optog in Pretoria met die polisie by die Uniegebou slaags geraak het.

Die militêre bedingingskamer, waar die weermag veronderstel is om oor salarisse te onderhandel, het reeds die afgelope paar jaar nie na behore gefunksioneer nie.

Dr. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, het in reaksie op die fiasko by die Uniegebou ’n kommissie aangestel om die verdienste van soldate behoorlik te ondersoek.

Die kommissie het die afgelope week insette van die weermagvakbonde aangehoor. Intussen moet die soldate egter vir lief neem daarmee dat hulle weer eens dieselfde gemiddelde verhoging kry as die res van die staatsdiens.

Manie le Clercq van die Staatsdiensvereniging het gister gesê elke staatsdepartement bepaal watter senior bestuurders die skaarsvaardigheidstoelae behoort te ontvang.

Sover hy weet, is daar in geen ander departement naastenby die getal bestuurders wat dit ontvang as wat daar in die weermag is nie.

Brigadier-generaals se toelae beloop sowat 14,5%; generaals-majoor s’n sowat 18% en dié van luitenant-generaals sowat 20%.

Die hoof van die weermag, wat die enigste vol generaal is, ontvang sowat 22%. Die weermag se groot getal generaals is reeds verskeie kere gekritiseer omdat dit van die hoogste ter wêreld gereken word in verhouding met die getal soldate.

Die weermag het tans nagenoeg 61 590 soldate, wat beteken daar is 282 soldate vir elke generaal.

’n Senior offisier het vroeër vandeesweek gesê junior soldate sien wat die generaals verdien en dat daar dan van hulle vereis word om tevrede te wees met hul karige soldy.
 

-Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: weermag  |  staak

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.