Gemeenskapslede vind vrou se lyk op bed
2012-02-09 16:55
Johannesburg – ‘n Vrou is in Chafutweni Village in Willowvale verwurg, het die Oos-Kaapse polisie Donderdag gesê.
Kapt. Jackson Manatha sê die 40-jarige vrou se halfnaakte lyk is Woensdagoggend gevind.
Alhoewel daar geen duidelike beserings is nie, word daar vermoed dat die vrou verkrag en verwurg is.
Die polisie is ontbied nadat die vrou se bure twee kinders deur ‘n venster sien loer het. Die kinders is afsonderlik twee en vier jaar oud.
Dit is nie bekend of hulle die oorledene se kinders is nie.
Manatha sê die deur was van buite af gesluit. Toe gemeenskapslede by die woning instap, het hulle die vrou se lyk op ‘n bed gevind.
Daar word vermoed dat die vrou Dinsdagaand gesterf het.
“Sake van verkragting en moord word ondersoek en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie,” het Manatha gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA