Gemeenskapslede stenig 'moordenaar'
2011-11-29 20:56
Kaapstad – Lede van ‘n gemeenskap in Kwanokuthula naby
Plettenbergbaai het ‘n man wat vermoedelik ‘n 7-jarige meisie vermoor het, gestenig.
Kaptein Malcolm Pojie sê sowat 2 000 mense het
die man gekonfronteer en uitgevra oor die vermisde meisie.
Hy het die skare na ‘n afgeleë area gelei en
gewys waar die lyk van die vermisde Siphokazi Nini gelê het.
“Die skare het die 37-jarige man met klippe en
ander voorwerpe bestook tot hy dood neergeval het,” het Pojie gesê.
Nini het vroeg Sondagoggend vermis geraak.
“Toe haar grootouers 6uur die oggend wakker
word, was sy weg,” het Pojie vertel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA