Gemeenskap val vermeende verkragter aan
2011-01-03 20:58
Johannesburg – ‘n Man is deur gemeenskapslede aangeval nadat hy ‘n vrou na bewering in haar huis in Orange Farm, suid van Johannesburg, verkrag het, het Gautengse polisie gesê.
Volgens kapt. Johannes Motsiri het die vrou se bure die 28-jarige slagoffer gered nadat sy geskree het.
Die man is daarna deur die gemeenskap aangerand voordat die polisie opgedaag het, het hy gesê.
Die 32-jarige man is in hegtenis geneem nadat die voorval vroegoggend gebeur het.
“Die verdagte is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling aangesien hy erg beseer is,” het Motsiri gesê.
Die man is tans onder polisiebewaking in ‘n plaaslike hospitaal en sal in die Sebokeng-landdroshof verskyn sodra hy herstel het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA