Gemeenskap slaan veediewe dood
2011-04-26 11:49
Oos-Kaap – Twee vermeende veediewe is doodgeslaan en een is in 'n ernstige toestand in die hospitaal in Ceguwana, Butterworth, het die polisie Dinsdag gesê.
Kapt. Jackson Manatha het gesê 'n vrou het lede van die gemeenskap in kennis gesteel nadat sy vroegoggend 'n man in haar veekraal gesien het.
Toe die man ondervra word, het hy erken dat hy deel is van 'n groep wat betrokke is by veediefstal in die gebied. Hy het sy medepligtiges uitgewys as broers wat in dieselfde buurt woon.
Manatha het gesê lede van die gemeenskap het toe die twee broers gaan soek, en al drie mans is erg aangerand.
Twee mans is op die toneel dood en 'n derde is na die Butterworth-hospitaal geneem.
Manatha het die aksie van die gemeenskap veroordeel en gesê hulle moes die polisie gekontak het.
"Lede van die gemeenskap sal ondersoek en in hegtenis geneem word. Dié tipe brutaliteit word nie geduld nie."
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA