Gemeenskap pak vermeende inbreker
2010-10-15 10:30
Johannesburg – ‘n 40-jarige man, wat glo by huise ingebreek het, is dood nadat hy deur ‘n groep inwoners in Nqamakwe aangeval is, het die Oos-Kaapse polisie Vrydag gesê.
Kapt. Lingisile Magama sê mense het gesien hoe die man Donderdagmiddag huise se vensters breek.
Hy is toe deur woedende lede van die gemeenskap aangeval.
Polisie het by die toneel opgedaag nadat hulle ‘n wenk ontvang het.
Die man het ernstige kneusplekke opgedoen.
Hy is daarna na die gesondheidsentrum in Nwamakwe gejaag waar hy met sy aankoms oorlede is.
Ondersoeke duur voort, maar niemand is in hegtenis geneem nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA