‘Gelyk soos ’n normale gesin’

2011-10-15 07:16
Tweets Share Share line Print

Me. Barbara Greecy, Gautengse LUR vir onderwys, het me. Shireen de Waal, ma van die vermoorde Louise, gister besoek. (Lerato Maduna, Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die vermeende Sondagverkragter se vrou het aan mense wat vroeër vandeesweek gevra het hoekom daar soveel polisiemotors by hul huis is, gesê dis omdat daar ’n inbraak was.

So het bure van die man wat hom eergister ná die moord op die 16-jarige Louise de Waal in Bergbron, Roodepoort, aan die polisie oorgegee het, gister gesê.

“Hulle het soos ’n doodnormale, gelukkige gesin gelyk,” het een van die bure gesê.

“Hulle het hulself maar eenkant gehou. Ons het nooit enige probleme met hulle gehad nie.”

Die netjies versorgde erf in Bergbron is net sowat 12,7 km van Rinastraat, waar Louise Woensdag op pad na die Hoërskool Die Burger ontvoer is.

Sy is vermoedelik verkrag en vermoor voordat haar lyk aan die brand gesteek is. Sy sou môre 17 geword het.

Die verdagte, wat na bewering minstens tien meisies ontvoer en twee vermoor het, mag regtens nie geïdentifiseer word voordat hy nie op die aanklagte teen hom gepleit het nie omdat dit deels van ’n seksuele aard is.

Bure het die man as ’n “maer, skaam outjie” beskryf en sy vrou as mooi en blond. Hulle het ’n sesjarige seuntjie en drie honde.

Van die bure het gesê die gesin het maar onlangs in die woonbuurt ingetrek.

Die huis was gister verlate.

“Die vrou het nog die eerste aand (Woensdagaand) hier geslaap, maar ek het die volgende oggend gesien hoe sy haar seuntjie in die motor laai en wegry. Sy was nog nie weer hier nie.”

Barney Lotter, adjunkhoof van Die Burger, het gesê sy skool is steeds in rou gedompel.

Die Burger funksioneer nou “min of meer normaal”, maar die saalopening eergisteroggend, die eerste nadat haar lyk gevind is, was “baie moeilik en emosioneel”.

Die skoliere sal aanhou om berading te ontvang “totdat dit beter gaan met Die Burger”.

Die voorval kan landwyd as ’n wekroep vir skole gesien word, meen hy.

Barbara Creecy, Gautengse LUR vir onderwys, het Louise se gesin gister besoek.

“Niks kan so ’n barbaarse misdaad verduidelik nie – daar is geen antwoorde nie, wat dit natuurlik vir die familie baie moeiliker maak om hierdie gebeure te verwerk,” het sy gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.