Geloofwaardigheid van Jub Jub-video bevraagteken

2011-05-27 18:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die geloofwaardigheid van 'n selfoonvideo van die moordbeskuldigdes Molema "Jub-Jub" Maarohanye en Themba Tshabalala wat vermoedelik resies gejaag het, is Vrydag in die Protea-landdroshof bevraagteken.

Die video wat vyf sekondes lank is, is Vrydagoggend in die hof gekyk en wys hoe twee Mini Coopers langs mekaar wegtrek.

'n Grys Mini Cooper, glo dié van Maarohanye, was voor aan die linkerkant en die blou Mini Cooper wat aan Tshabalala behoort, was aan die regterkant.

Ntokozo Mahlangu (18) het getuig dat sy een van die Mini Coopers in 'n ander laan sien swaai het omdat daar 'n aankomende motor was.

Toe die aankomende motor verby is, het een van die Mini Coopers weer na die ander laan gewissel.

Mahlangu het gesê die opname van die video is gestop omdat sy te min geheue op haar foon gehad het.

Sy het gesê sy en haar vriende het op die hoek van Mdlalosestraat gestaan het toe sy die twee mans se motors sien.

Sy het aan die hof gesê sy het Jub Jub as een van die bestuurders herken.

Die geskree van meisies kon duidelik op die video gehoor word. Mahlangu het gesê dít is omdat die meisies 'n "bekende" (Jub Jub) gesien het.

Maarohanye en Tshabalala het na bewering op 8 Maart verlede jaar in 'n groep skoolkinders geploeg.

Vier kinders is dood in die ongeluk en twee ander het ernstige beserings, waaronder breinskade, opgedoen.

Maarohanye en Tshabalala staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en bestuur onder die invloed van dwelms en alkohol.

Sy het aan die hof gesê sy het Jub Jub as een van die bestuurders herken.

Die geskree van meisies kon duidelik op die video gehoor word. Mahlangu het gesê dít is omdat die meisies 'n "bekende" (Jub Jub) gesien het.

Hofverrigtinge is Woensdag gestaak omdat Raymond Mathenjwa, staatsaanklaer, nie die foon kon gebruik nie, omdat dit nie ge-Rica is nie.

Dit is nie deur die registrasieproses ingevolge die Wet op die Onderskepping van Inligting en Voorsiening van Kommunikasie­verwante Inligting (Rica) nie en is meer as ses maande laas gebruik.

Mathenjwa het Vrydag aan die hof gesê die polisie se tegniese sentrum het toegang tot die foon verkry.

Maarohanye, wat 'n swart pak en blou sydas aangehad het, het in die beskuldigdebank gesit en nota's gemaak terwyl Mahlangu ondervra is.

Tshabalala het sy kop gesak.

Mahlangu het geïrriteerd gelyk tydens kruisverhoor. Sy het haar kop geskud en haar oë gerol.
      
Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: jub jub  |  hof  |  misdaad  |  ongelukke  |  padveiligheid  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.