Geld 'nie oorsaak van onderwysprobleme in SA'

2011-04-15 09:30
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Geld is nie noodwendig die oorsaak van die probleme in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel nie.

Verskeie onderwyskenners het Donderdag gesê swak onderwysresultate kan aan etlike ander redes toegeskryf word, waaronder die invloed van vakbonde en swak bestuur.

“Ons is geneig om eerste na die gebrek aan hulpbronne te kyk,” het dr. Vijay Reddy, hoof van navorsingsprogramme oor onderwys en vaardigheidsontwikkeling by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, gesê.

“Hoewel daar steeds 300 plankie-skole in Suid-Afrika is, is daar sedert 1994 beslis ’n verbetering in infrastruktuur by skole.”

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Woensdag in haar begrotingstoespraak erken dat die hoeveelheid geld wat deur die regering aan onderwys bestee word, nie in die resultate weerspieël word nie.

Reddy het gesê Suid-Afrika is ’n jong demokrasie en omdat daar voortdurend aan die onderwysbeleid en die kurrikulum verander word, maak dit mense onseker.

Prof. Nan Yeld, onderwyskenner aan die Universiteit van Kaapstad, het swak bestuur die skuld gegee.

Sy voel daar moet meer geld aan die onderrig van gr.O-leerders en -onderwysers bestee word en die salarisse van gr.O-onderwysers moet ondersoek word.

“Kinders in gr.O word oor die algemeen net effens gestimuleer en onderwysers is nie voldoende gekwalifiseer nie. Baie van hulle is slegs in tydelik poste aangestel.”

Prof. Yusef Waghid, dekaan van die fakulteit opvoedkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, het gesê genoeg geld beteken nie noodwendig beter onderwys nie. “Die stelsel moet meer doelgerig wees.”

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.