'Gehoorgestremde nie Lotto-wenner'

2010-02-16 07:32
Tweets Share Share line Print

Aldi Schoeman

Kaapstad - Stanley Philander is nié die wenner van meer as R91 miljoen in die nasionale lotery se Powerball-spel soos vroeër berig is nie.

Prof. Vevek Ram, uitvoerende hoof van die Nasionale Loteryraad, het Maandag gesê iemand anders is die wenner en dié verkies om anoniem te bly.

Nadat die SondagSon berig het dat Philander (52), ’n gehoorgestremde man wat glo in ’n ysterware-winkel in Wynberg werk, die land se nuutste kitsmiljoenêr is, het verskeie koerante hom probeer opspoor.

Foto’s is ook geneem van hom en sy vrou, Diana (50), ook gehoorgestremd, en hul twee kinders, Logan (9) en Kirsten (6).

Luidens berigte is hulle oorval deur familie en vriende wat in hul rykdom wil deel. Daarom kruip hulle nou op ’n onbekende plek weg.

Pogings om hulle Maandag op te spoor, was onsuksesvol. Die drie ysterware-winkels in Wynberg het ontken dat Philander by hulle werk.

Thembi Tulwana, woordvoerder van die nasionale lotery-operateur Gidani, het gesê Philander het Gidani nie gekontak nie en Gidani het nie die wenner se naam bekend gemaak nie. Dit is onseker hoe die storie oor Philander se “groot geluk” bekend geword het.

Volgens Sershan Naidoo, woordvoerder van die Nasionale Loteryraad, maak die lisensie daarvoor voorsiening dat wenners anoniem kan bly as hulle dit verkies.

Die operateur is daarvoor verantwoordelik om seker te maak daar word aan die lisensievoorwaardes voldoen.

- Die Burger
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.