'Geestelike hoer' sê jammer oor eindtyd

2011-05-25 09:03
Tweets Share Share line Print

Nelspruit - “Ons is geestelike hoere. Ons het gesondig deur mense te verwar.”

So het Johannes Coetzee, die man wat landwyd verkondig het die wêreld sou Saterdag tot ’n einde kom, Dinsdag hier gesê.

“Ons smeek om vergifnis by God?. Dit is duidelik dat ons inligting wat in die Bybel is, verkeerd vertolk het en daarmee mense op straat laat rondhol het.”

Coetzee en sy “broers” het Dinsdag op ’n nuuskonferensie by hul klein kantoortjie in Samora Machel-rylaan, Nelspruit, aan die media probeer verduidelik wat Saterdag nie gebeur het nie.

“Ons is wêreldwyd sedert Sondag druk besig om weer ’n studie van die Bybel te maak om vas te stel wat volgende gebeur.”

Hy het egter volgehou die datum van die wegraping (21 Mei) “is vas” en dat dit steeds deel uitmaak van die aanloop tot die einde van die wêreld. Coetzee verkondig steeds dat die wêreld op 21 Oktober deur “swael en vuur” vernietig sal word.

“Ons weet ons is die grootste fools op straat. Maar ons weet dat daar nou ten minste ’n stewige grondslag gelê is vir die einddatum.”

Volgens Coetzee was hulle oor twee aspekte verkeerd: die wegraping en die aardbewing wat voorspel is.

Terwyl hulle Saterdag in die hotel in Johannesburg op die einde gesit en wag het, was hulle nie bang nie.

“Daar was vrede in ons harte. Maar toe niks gebeur nie, het vrees ingegryp en het ons bang geword.”

Sy seuns, Johan (22) en Joubert (21), het die internet Saterdagnag voortdurend dopgehou op soek na tekens van aardbewings.

“Hulle het my omstreeks 01:30 wakker gemaak en gesê: ‘Hier kom dit nou.’ Dit was toe hulle tekens op die internet gesien het van aardbewings in Nieu-Seeland.”

Coetzee het op die nuuskonferensie in ’n stadium in trane uitgebars.

“Blameer my. Ek was eintlik baie onkundig oor die hele situasie.”

Hy het ook sterk teen leraars uitgevaar. “In die kerke lieg hulle vir die mense. Satan sit in die kerk en hulle besef dit nie.”

Op die vraag of hulle weer op 22 Oktober ’n nuuskonferensie sal moet hou, het hy beslis geantwoord: “Nee. Kom ons kyk wat gebeur.”

Lees meer oor: johannes coetzee  |  geloof  |  godsdiens

Lewer kommentaar op hierdie artikel
49 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.