Gees vir sokker sorg vir chaos

2010-04-16 06:22
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die stormloop na kaartjies vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi het gister landwyd vir ’n chaos gesorg toe die rekenaarstelsel oorlaai is.

Duisende plaaslike ondersteuners het ure lank in toue gestaan by die kaartjiesentrum in Kaapstad en by FNB-takke.

Fifa het gisteraand in ’n verklaring gesê al die kaartjies vir die agt wedstryde in die Kaapstad-sta­dion is nou uitverkoop.

Die finale fase van kaartjieverkope het gister begin en dit is duidelik dat die sokkergees Suid-Afrikaners nou gepak het.

Die toernooi begin op 11 Junie met die eindstryd op 11 Julie in Johannesburg.

Jaime Byrom, uitvoerende hoof van Match, Fifa se diensverskaffer vir kaartjieverkope, het bevestig dat daar vertragings met die verkope was weens probleme met die geïntegreerde rekenaarstelsel. Dit is deur die hoë vraag na kaartjies veroorsaak.

“Dit het duisende ondersteuners wat in die toue gestaan het, verontrief. Ons vra om verskoning vir die mense wat kaartjies probeer bekom het.”

Talle mense met wie Die Burger gepraat het, het dit aan swak organisasie toegeskryf. In Kaapstad het ’n 64-jarige man van Mitchells Plain, Ralph van Reenen, aan vermoedelik ’n hartaanval gesterf terwyl hy in die tou by Fifa se kantoor gewag het.

Weens die vertragings het baie mense moed verloor en weggestap.

Die chaos het ontstaan kort nadat die vyfde en laaste fase van kaartjieverkope landwyd by 11 Fifa kaartjiesentrums en takke van FNB geopen het. Altesaam 500 000 kaartjies is vir al 64 wedstryde beskikbaar gestel.

Luidens ’n verklaring wat gisteraand deur Fifa uitgereik is, is meer as 53 000 kaartjies in die eerste agt uur verkoop. Teen 16:00 was die kaartjies vir 23 wedstryde – onder meer die halfeindstryde, eindstryd en al die wedstryde in Kaapstad – uitverkoop.

Geesdriftige ondersteuners het reeds Woensdagaand by die Spearheadgebou op die hoek van Hans Strijdom- en Breestraat, waar Fifa se kaartjiesentrum geleë is, begin toustaan. Toe die sentrum gister sy deure om 09:00 oopgemaak het, was daar sowat 800 in die tou.

Sakkie Jenner, Wes-Kaapse minister van sport en kultuursake, het die eerste kaartjie gekoop.

Daarna is groepe van sowat 30 mense op ’n slag by die sentrum ingelaat om kaartjies te koop.

Die algemene gevoel van opgewondenheid het gou verdamp toe die voornemende kaartjiekopers ingelig is dat probleme met die rekenaarstelsel kaartjieverkope erg vertraag.

Volgens me. Linda Binder van Seepunt, wat sedert 05:00 in die ry gewag het, het baie mense weggeloop toe die probleme met die stelsel bekend geword het.

In George het sokkergeesdriftiges in koue en nat weer tougestaan om kaartjies te koop, berig Tisha Steyn.

Greg Minnie van die FNB-tak in Yorkstraat het laat gistermiddag gesê hulle was die hele dag baie besig.


- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.