Geen wapens vir wagte
2009-09-18 11:47
Johannesburg – Sekuriteitswagte by winkelsentrums sal ongewapen bly om “oorlog-sones" te voorkom.
“Ons wil nie skietgevegte in winkels hê nie, want die koeëls kan onskuldige bystanders tref,” het Michael Broughton, hoof van die verbruikersgoedereraad van Suid-Afrika (CGCSA).
Hy het verduidelik dat hy nie kinders of winkeleienaars se lewens in gevaar wil stel nie.
“Ons wil nie hê enigeiemand moet deur ‘n weghol-koeël getref word nie, so sekuriteitswagte sal nie wapens ontvang nie,” het hy gesê.
Broughton was die spreker by die dertiende African Congress of Shopping Centres in Sandton se Konferensiesentrum gewees.
Hy het gesê daar in omtrent 25 rooftogte per maand by winkelsentrums, met Gauteng heel bo aan die lys.
KwaZulu-Natal en Kaapstad spog met die tweede meeste rooftogte per maand.
- Sapa