Geen saak op Kurt Darren se plaas
2010-06-10 15:05
Kaapstad - Geen saak is by die polisie gelê nadat drie verdagte mans Woensdagaand glo op Kurt Darren se plaas naby Naboomspruit in Limpopo verjaag is nie, sê die SA polisiediens.
Konstabel Mbavhulelo Dabhula sê SAPD-beamptes is Donderdagoggend na die toneel ontbied, maar geen leidrade kon gevind word nie, en daar is ooreengekom om nie ‘n saak te open nie.
Hans Schönfeld, Darren se plaasbestuurder, het bevestig dat geen klag gelê is nie. “Hier is niks gesteel wat ons kan agterkom nie, en die verdagtes het geen leidrade agtergelaat nie. Ek dink ek het té gou op hulle afgekom vir hulle om iets te kon gedoen het,” sê hy.
Besoek landbou.com vir die volledige storie.