Geen pleitooreenkoms vir korrupte hotelbestuurder
2011-07-27 19:28
Kaapstad – Onderhandeling vir ‘n pleitooreenkoms in die
bedrogsaak teen ‘n hotelbestuurder wat ‘n spog-hotel in Kaapstad met meer as R3
miljoen rand bedrieg het, het misluk.
Rynhardt de Jager sal die 20ste September op
158 aanklagte van bedrog en een van geldwassery in die spesiale hof vir
kommersiële misdaad in Bellville verskyn.
Die pleitooreenkoms was daarop gemik om die
hofsaak so kort as moontlik te hou.
De Jager was eers die finansiële bestuurder en
daarna die algemene bestuurder van The Bay Hotel in Kaapstad.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA