Geen paaie gesluit vir Malema-verhoor
2011-08-31 08:48
Johannesburg – Die paaie rondom Luthuli-huis in Johannesburg, waar Julius Malema se dissiplinêre verhoor voortgaan, is Woensdag oopgestel vir verkeer.
"Die situasie is terug na normaal," het hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê.
"Daar is 'n moontlikheid dat dit kan verander."
Dít volg nadat daar besluit is om die verhoor na 'n plek buite die stad te verskuif. Malema se regspan het die besluit van die ANC om die verhoor te verskuif, teengestaan, berig die eNews-kanaal.
Ondersteuners van die jeugliga Dinsdag die polisie en joernaliste met klippe bestook en T-hemde met pres. Jacob Zuma se gesig verbrand.
Die polisie is Woensdag op 'n hoë gereedheidsgrondslag in die Johannesburgse middestad.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA